RIVERSDAL NUUS - Die Wes-Kaap Onderwysdepartement het op Vrydag, 1 Oktober die aanstelling van Hoër Landbouskool Oakdale op Riversdal se nuwe skoolhoof bekragtig.
Mnr Willem du Buisson (48) van Bloemfontein en sy vrou Ansie het twee kinders, Nicolas (20) en Ansua (13).
Die gesin is baie opgewonde oor die nuwe seisoen in hul lewe en sien uit na die vooruitsig om volgende jaar deel van die Oakdale-familie en plaaslike gemeenskap te word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'