RIVERSDAL NUUS - Hoewel die 89 graad 12-leerders van die skool eksklusiewe aandag van die personeel, asook die uitsluitlike gebruik van al die fasiliteite geniet, sien hulle uit na die terugkeer van hulle mede-broers van grade 8 tot 11.
Die groep het op 4 Junie 'n boodskap in eg Oakdale-tradisie aan die res van die skool oor sosiale media gestuur.
Tog is daar nou min tyd vir speel, omdat onderrig soggens en smiddae aangebied word.
Die rugbyvelde is pragtig groen en jeuk die manne om die rugbyballe rond te gooi.
Van dag een af is hulle reeds besig om hard te oefen en hul fiksheid op standaard te hou.
Oakdale-matriekklas terug na grendeltyd.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'