Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Die liedjie van Anton Goosen lui: "Jy's 'n bondeltjie liefde as ons donkiekar ry, en stadliggies waai, ver by ons verby," maar dis egter min wat mens nog ‘n donkiekar in die strate sien rondry.
Heidelberg deel egter in hierdie voorreg en Niklaas Marais kleur die dorp in met sy pers/pienk donkiekar wat hierdie maand nogal goed by die pienk dorp inskakel, en sy getroue donkies, Stella en Duiker.
"Ek ry al vir 30 jaar donkiekar en het daarmee grootgeword."
Marais geniet hierdie uitstappies terdeë en hopelik sal hierdie besienswaardigheid nog lank nie uitsterf nie .
Niklaas Marais voel al te tuis as hy die wêreld vanaf sy donkiekar kan besigtig.
Kyk 'n video hieronder:
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'