STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard in Stilbaai begin 2024 met drie nuwe leerkragte.
Nadia Rabie, 'n ou bekende by die skool, het die mal perd opgesaal en besluit om weer voor 'n klas te gaan staan.
Die leerders moet egter onthou dat gif kom in klein botteltjies.
Nadia was 'n Tukkie op haar tyd en sy gaan by die Graad 3's wees.
Megan Neuhoff is oorspronklik van Kwazulu Natal en woon al 'n tydjie in Stilbaai.
Sy het deur UNISA studeer en sy gaan by die Graad 5 leerders wees.
Christoff Kruger is van Stilbaai en hy het ook deur UNISA studeer.
Christoff gaan die rekenaar klasse hanteer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’