Me. Reneé Kiewit is afkomstig van Albertinia. Juffrou Reneé is baie lief om met kinders te werk, sy is baie lojaal en toegewyd aan haar werk en is beslis 'n reuse aanwins vir die grondslagfase van Hoërskool Albertinia. Sy sê dat dit vir haar belangrik is om elke dag haar beste te gee en vir Jesus om leiding te vra.
Mnr. Nico van Dyk het sy onderwysloopbaan gedurende 1984 te Rustenburg begin. Van Dyk het ook al die onderwysprofessie gedien as SAOU verteenwoordiger in Pretoria. Hy is betrokke by die senior fase van Hoërskool Albertinia en sê dat hy beïndruk is deur die vriendelike kinders en hulpvaardige personeel en dat dit wonderlik is om te ervaar hoe die kinders en personeel God eerste stel by die skool.
Mnr. Nolan Du Preez is oorspronklik van Riversdal, maar woon al amper 30 jaar in Swellendam. Hy is betrokke by die senior fase van Hoërskool Albertinia en sê dat dit vir hom belangrik is om diensbaar te wees.
Die skoolgemeenskap van Albertinia vertrou dat hierdie opvoeders baie gelukkig sal wees by die skool en spoedig deel sal voel van die skool.

Mnr. Dennis Karelse, skoolhoof, verwelkom mnr. Nico van Dyk by Hoërskool Albertinia.

Mnr. Nolan du Preez staan hier saam met mnr. Dennis Karelse, skoolhoof.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'