RIVERSDAL NUUS - Die skool verwelkom twee nuwe gr. 3-onderwyseres, mee. Ché-Anne Venter en Sandri van Zyl.
Venter is oorspronklik van die Kaap en het in 2012 haar studies by CPUT voltooi.
Sy was vir drie jaar in Dubai, waar sy in die Grondslagfase onderrig gegee het.
Sy woon tans op Heidelberg en geniet ook die plaaslewe.
Van Zyl is oorspronklik van Robertson en het in Wellington by CPUT studeer. Haar eerste pos was 'n gr.3-pos by St. Matthews Primêr in Beaufort-Wes.
Daarna was sy by Wakkerstroom-Wes Primêr naby Robertson, waar sy die gr.4-klas onderrig het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'