HEIDELBERG NUUS - St. Barnabas Anglikaanse Kerk het Sondag 23 April twintig jongelinge in hul gemeente verwelkom.
Die groep jeugdiges, 11 dogters en nege seuns, is deur afgetrede biskop Donald Harker as volwaardige lidmate tydens 'n erediens bevestig.
Dié bevestigingsdiens was ook die eerste bevestiging sedert die ineenstorting van die kerktoring op Sondag 5 Desember 2021, wat deur stormsterk wind en reën meegebring is. Derduisende rande se skade is tydens die storm aangerig.
Tydens sy preek het biskop Harker die gemeente sterk bemoedig en Psalm 46 aan hul voorgelees.
Hy het ook verskeie Skriflesings uit Jesaja, Lukas en Romeine aan die kandidate voorgelees en hulle daarmee bemoedig om hul plek as volwaardige lidmate in die gemeente vol te staan.
Vader Chassley Fredericks het op sy beurt sy blydskap teenoor al die gemeentelede, veral die jong kandidate wat bevestig is, uitgespreek.
Hy het ook Harker en sy gade, Joan, hartlik bedank dat hulle hul tyd opoffer om tydens sy "aftrede" nog die werk van die Here met so 'n groot passie te behartig.
Nuwe lidmate. Die groep van 20 jeugdiges wat as nuwe lidmate van St. Barnabas Anglikaanse Kerk deur biskop Donald Harker bevestig is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’