JONGENSFONTEIN NUUS - Die kusdorpie se inwonersvereniging (JIV) is deurentyd besig om Jongensfontein te verfraai en die nuutste is die inligtingstekens wat op 'n gesamentlike bord gekonsolideer is.
"Dit skep 'n oop en ordelike gesig," sê die voorsitter, Naas Palmer.
"Let op die vermaning in verband met honde, asook die sakkiehouer met sakkies vir jou hond se pooh."
Tans is twee van die borde by die begin en einde van die sementwandelpad vanaf die museum tot by Bietolaan.
'n Tweede verbetering is dat al die enkel inligtingstekens ook verwyder is op die swemstrand wat blouvlagstatus het en ook op 'n gekonsolideerde bord aangebring is.
Daarmee saam is die blouvlagstatusteken en 'n nuwe inligtingsbord vir die vertoon van hoog- en laagwatertye, watertempertuur, ensovoorts wat deur die lewensredders op datum gehou sal word.
Alle ledegeld en skenkings, asook gelde met byeenkomste gegenereer word weer in die dorp teruggeploeg.
Twee van die nuwe borde wat opgerig is.
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'