Die ontwerp is uniek omdat die struktuur kan aanpas by die beweging van die duine en sand.
Befondsing is ontvang vir die aanbring van drie houtvoetpaadjies op Lappiesbaai, twee op Gouritsmond, asook die herstel van die bestaande voetpad by Preekstoelstrand.
Werkers verbonde aan 'Working for the Coast' het die installasie gedoen.
Die voetpaadjies sal ook aangepas word om rolstoelvriendelik te wees, met skuins opritte en veiligheidsrelings.

Op die inlas kan die vlekvryestaalskroewe en -kettings gesien word wat die installasie beweeglik maak.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'