RIVERSDAL NUUS - Solidariteit Helpende Hand se welsynswinkel in Riversdal, wat onder die vaandel van ‘Ons Winkel’ handel dryf, spog nou met ’n splinternuwe baadjie en eienaar.
“Ons sien daarna uit om ’n verskil in Riversdal se gemeenskap te maak en ons verwelkom alle inwoners met ope arms,” sê Anna-Marie Hughes, die nuwe eienaar.
Die plaaslike winkel, wat in Hoofweg 26 geleë is, is deel van sowat 60 soortgelyke skenkingswinkels landwyd.
Enigiets kan by die winkel afgegee word; hierdie goedere word in geld omskep en word onder meer vir Helpende Hand se studiefonds benut wat rentevrye studielenings aan behoeftige studente bied.
Vir meer inligting of om ’n skenking te maak, bel Hughes by 083 704 9917.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'