HEIDELBERG NUUS - Jamie-Lee Jaegers en Virinisha Pieters, wat albei by hul alma mater, Kairos Senior Sekondêr in Heidelberg gematrikuleer het, is aan die begin van die kwartaal by dié skool aangestel.
Jaegers het 2015 matrikuleer en haar B.Ed-graad in intermediëre onderrig en senior fase in 2021 aan die Two Oceans Graduate Institute 2021 verwerf.
Sy gaan gr. 8's in Afrikaans en lewensoriëntering onderrig en toerisme vir gr. 10's. Pieters het in 2013 gematrikuleer en sy is tans besig met haar laaste jaar B.Ed. FET-studies aan Unisa.
Sy gaan Engels vir gr. 9's en 10's aanbied en lewensoriëntering vir gr 10.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’