HESSEQUA NUUS - 'n Vrou is raakgery nadat sy blykbaar in die middel van die pad op die N2 naby Kweekkraal, Heidelberg gestaan het.
Die voorval het omstreeks 00:45 op Sondag 23 September plaasgevind, waarna sy na Riversdal-hospitaal vir behandeling geneem is. 'n Saak van roekelose en nalatige bestuur is geopen en word ondersoek. Die bestuurder is van Riversdal.
Teen druktyd was die vrou se toestand onbekend.
Vier persone is ernstig beseer nadat twee voertuie omstreeks 20:25 op Dinsdag 25 September naby Resiesbaan, Albertinia op die N2 gebots het. Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en die saak word ondersoek.
Twee passasiers het slegs ligte beserings opgedoen en almal is moontlik na Riversdal-hospitaal vir behandeling vervoer. Blykbaar het nooddienste gespook om van die insittendes uit die wrak te haal. Volgens die plaaslike polisie is een van die beseerdes 'n buitelander van China.
Nooddienste maan die publiek om nie kanse te vat wanneer hulle bestuur nie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'