HEIDELBERG NUUS - Dié dorp het Saterdag 9 Desember nog 'n groot seder aan die dood afgestaan met die skielike heengaan van Jefferson Davids (67).
Jefferson, pa van Christo Davids, bekende akteur en regisseur, het in Laaiplek, sy geboortedorp, in sy slaap gesterf.
Hy het by sy suster gekuier nadat hy 'n niggie se begrafnis op Laaiplek bygewoon het.
Volgens inligting verskaf het hy ook sy broer Peter-John Davids, self 'n bekende in die teaterwêreld, bygestaan met sy Kersopvoering daar in Laaiplek.
Benewens Christo, laat hy sy vrou June, nog vier seuns, twee dogters, twee broers, drie susters en ook kleinkinders agter.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’