HEIDELBERG NUUS - Dié dorp is in rou nadat nog 'n groot gees - die tweede die afgelope tyd - gesterf het.
Leonard Williams (72), 'n bekende gemeenskapsleier en kabinetmaker en kontrakteur van formaat, het Dinsdag 28 November in die vroeër oggendure sy stryd teen kanker verloor.
Hy laat sy vrou Penny, een dogter, een seun, drie kleinkinders, een agterkleinkind asook drie susters, twee broers en sy swaer, Lester, agter.
Die begrafnisdiens vind Saterdag 9 Desember om 10:00 by sy huis in Kloofstraat plaas en om 11:00 vanuit die JF Neumann Memorial Congregational Church.
Die begrafnisdiens word Woensdag 6 Desember (vanaand) om 18:30 met 'n troosdiens by die Congregational Church voorafgegaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’