Update
ALBERTINIA NUUS - Die lewelose liggaam van 'n man is Dinsdag 11 September onder die Gouritsrivierbrug gevind.
'n Verbyganger het onraad vermoed nadat hy 'n verlate voertuig op die brug langs die N2 sien staan het. Hy het vermoed dat die eienaar van die motor moontlik by die brug kon afspring en het ondersoek ingestel, waarna hy onmiddellik die polisie gekontak het.
Albertinia-speurtak het bevestig dat lede van die Wes-Kaap Forensiese Patologiese Diensste en EMS afgesak het en 'n liggaam omstreeks 11:00 in die bosse onder die brug gevind is.
Die polisie het genoem dat die verlate voertuig aan die persoon wie se liggaam gevind is, behoort.
Die forensiese dienste het die liggaam weggeneem en familie moet nog die uitkenning doen. 'n Lykskouing sal Donderdag 13 September gedoen word.
Geen vuilspel word vermoed nie.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Tuinroete nuus'