Gallery
RIVERSDAL NUUS - “Dit is nie meer die munisipaliteit se huis nie. Jy is nou die regmatige eienaar!” het Chris Onrust, direkteur van gemeenskapsdienste by Hessequa-munisipaliteit verseker toe nóg 13 titelaktes aan Riversdallers oorhandig is.
Fotogalery: Titelaktes oorhandig in Riversdal
“Jy het net drie dinge nodig om ‘n vreugdevolle huis te skep: liefde, vrede en omgee,” het die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles gesê.
‘n Paar van die trotse ontvangers van die titelaktes het telkens gevra of dit nou regtig nie meer die munisipaliteit se huis is nie.
Hulle is onomwonde verseker: “Dis nou jóu eiendom!”
Daar is steeds ‘n reuse agterstand wat aangespreek en afgehandel moet word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'