HESSEQUA NUUS - 'n Vals boodskap doen die rondte dat Albertinia se drinkwater besmet en ondrinkbaar is.
Hierdie boodskap is onwaar en is nie deur Hessequa-munisipaliteit uitgereik nie, sê Susan Geldenhuys, munisipale woordvoerder.
Dit het onder die munisipaliteit se aandag gekom dat hierdie vals boodskap op sosiale media versprei word.
Sy versoek die gemeenskap om slegs inligting wat deur die munisipaliteit uitgereik word te deel.
“Alle belangrike kennisgewing sal op munisipale kommunikasiemediums gedeel word, soos die munisipale webwerf, munisipale Facebook-blad, SMS’e en kennisgewingborde.”
Waarskuwing: Ignoreer vals gerugte dat Albertinia se drinkwater besmet is.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'