RIVERSDAL NUUSFLITS - Twee goue oue-inwoners van Huis Jan Lange het stilweg Donderdag 5 Oktober in die pastorie getrou sonder dat enigiemand wis wat aangaan.
Joey du Toit, weduwee van 10 jaar woon reeds sedert Maart 2014 in die tehuis en Ron Burchell het Februarie verlede jaar ingetrek. Volgens Joey het sy die eerste dag toe hy by die hek ingeloop kom so by haarself gedink: “Hierdie man gaan ek vang!”
Dis egter eers in Julie vanjaar met sy verjaarsdag wat sy genoeg moed bymekaar geskraap het om aan hom te wys dat sy darem 'beskikbaar' is.
"Ek het vir hom ‘n geskenk gekoop, na sy kamer gestap en vir hom 'n klapsoen gegee waar hy op die bed sit," vertel sy met 'n vonkel in die oog.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'