WITSAND NUUS - 'n Ma wat iets spesiaals vir haar seun wou doen, het ongeveer drie jaar gelede begin om die woord by die daad te voeg.
"Omdat ek so lief is vir kosmaak en foto's neem, het ek besluit om vir hom 'n kookboek te skryf," vertel Belinda Boucher van Witsand.
Met geen ondervinding het sy maar geleer soos sy met die boek gevorder het. Uiteindelik is dit voltooi en het sy dit op 27 April aan Dylan Bester gegee waar hulle op Keurboomstrand, Plettenbergbaai vakansie gehou het.
Dylan (21) is Belinda se enigste kind en werk in Gauteng. "Ons is nuut in Witsand en is besig om te bou. Ons het vir so sewe jaar net buite Stilbaai op 'n plaas gebly en daarna vir drie jaar in Malgas se area 1. Ons hou van die see en stilte."
Belinda het nou 'n liefde vir skryf ontwikkel en is tans besig met haar eerste kinderboek, wat op Stilbaai gebaseer is.
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'