HESSEQUA NUUS - Inwoners moet kennis neem van beplande kragonderbrekings deur Hessequa-munisipaliteit vir noodsaaklike instandhoudingswerk.
Die onderbrekings word genoodsaak as gevolg van onderhoudswerk op die elektriese netwerk. Alle installasies moet gedurende die onderbreking as lewendig beskou word. Weersomstandighede mag tye beïnvloed.
Dinsdag 26 Junie
• Riversdal en omliggende omgewing tussen 08:00 en 17:00.
• Stilbaai-hawegebied, gholfbaan 1 en 2 en Bosbokduin vanaf 12:00 tot 16:00.
Woensdag 27 Junie, Donderdag 28 Junie en Vrydag 29 Junie
• Stilbaai-Oos, Stilbaai Hoogte en Melkhoutfonteingebied vanaf 08:30 tot 09:30.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa, Karoo nuus'