Update Video
ALBERTINIA NUUS EN VIDEO - Van die 54 matriekleerders van Hoërskool Albertinia wat hulle nasionale senior sertifikaat afgelê het, slaag 51 en spog die skool dus met 'n 94.4% slaagsyfer.
Die opwinding en afwagting was letterlik tasbaar terwyl die leerders Dinsdag, 23 Februarie gewag het dat 12:00 moet aanbreek sodat hul uitslae bekendgemaak word.
Die skoolhoof, Dennis Karelse het gesê dat hy in sy skik met die resultate is, omdat dit 'n moeilike jaar as gevolg van die Covid-19-pandemie vir die leerders was.
Hy het die drie leerders wie dit nie gemaak het nie, bemoedig met die volgende woorde: "Moenie gaan lê nie. Stof jou af en staan op, wees gefokus op die Here en jy sal suksesvol wees."
Die skool se toppresteerder is Jasmin-Leigh Schwartz met vyf onderskeidings. Die skool het 11 A-kandidate opgelewer. 28 uit 54 leerders het Baccalareus-vrystelling verwerf, dit is 20% meer as die vorige jaar.
Kyk 'n video hieronder:
Vorige artikel: 'n Trotse dag vir Albertinia
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'