JONGENSFONTEIN NUUS - Royal Crusaders-blaasorkes van Riversdal het die deelnemers en toeskouers met hul musiektalent tydens die lanternloop op 31 Desember vermaak.
Hulle bestaan reeds sedert 1967. Geld is ook ingesamel sodat hulle vir musiekinstrumente en kostuums kan betaal.
Kleurvolle lanterns het op Oujaarsnag die aandlig in Jongensfontein opgehelder.
'n Groot groep het teen donker vanaf Drie Pikkewyne vir 2 km saamgestap.
Dié aand is ten bate van die Jongensfontein Inwonersvereniging aangebied.
Lanterns wat met 'n LED-liggie werk kon vooraf gekoop word. Omdat Hessequa 'n hoë brandgevaar-streek is, is tradisionele lanterns nie gebruik nie.
Nolene en Willem Bouwer tydens die lanternloop.
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'