Sy is 'n Gebore Riversdaller en is vir die afgelope 20 jaar betrokke by Riversdal Biblioteek.
Cloete noem aan Suid-Kaap FORUM dat die biblioteek haar 'n platform bied om haar passie vir lees uit te leef deur soveel kinders moontlik te motiveer om te lees asook om ouers aan te moedig om 'n liefde vir lees by hul kinders te kweek.
"Hoe meer jy lees, hoe beter gaan jy vorder in jou skoolwerk."
Hessequa Munisipaliteit sien Cloete se aanstelling as 'n geleentheid om die liefde vir lees terug te bring na die Hessequa gemeenskap.
Biblioteke in die streek se kontak besonderhede
- Riversdal Biblioteek: 028 713 8014
- Stilbaai Biblioteek: 028 713 7839
- Albertinia Biblioteek: 028 713 7925
- Protea Biblioteek: 028 713 7926
- Duivenhoks Biblioteek: 028 713 7912
- Heidelberg Biblioteek: 028 713 7879