HESSEQUA NUUS - 'n Inwoner van Buffeljagsrivier is Vrydag, 12 Junie in 'n motorongeluk net buite Riversdal dood.
Dylan Snyman was 'n passasier in die motor waarin hy saam met John Esau en Moses Witbooi naby Kweekkraal gereis het.
Volgens konstabel Venia Daries, kommunikasiebeampte van die Riversdal-polisie het 'n band van die motor ongeveer 10:40 gebars en die bestuurder, Esau, het beheer oor die voertuig verloor.
Esau en Witbooi is met geringe beserings in Riversdal-hospitaal opgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'