STILBAAI NUUS - ‘n Inwoner van Stilbaai, Tienie Snyman is baie ongelukkig omdat ‘n muur wat deur ‘n buurman voor sy huis gebou word, sy mooi uitsig na die see versper.
In die aansoek om goedkeuring, word gestipuleer: “Die voorgestelde aansoek sal nie ‘n negatiewe impak op die omliggende omgewing of die regte en geriewe van die omliggende bure hê nie.”
In kommentaar het die munisipale woordvoerder, Didi Budricks gesê dat Snyman deurlopend skriftelik op hoogte gehou is van die aansoeke, evalueringsprosedures, asook amptelike besluite met gepaardgaande redes.
“Die departemente ontwikkelingsbeplanning, asook regsdienste het reeds op verskeie geleenthede direk met mnr Snyman gekommunikeer,” het sy afgesluit.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'