RIVERSDAL NUUS - Die Julius Gordon Africana Sentrum op Riversdal is weer sedert Dinsdag, 18 Augustus vir die publiek oopgestel.
Volgens Hessequa-munisipaliteit moet voornemende besoekers eers ‘n afspraak maak, aangesien slegs twee mense op ‘n slag binne toegelaat sal word.
Die kurator, Louise du Plessis, kan by 028 713 7939 of per epos by rvdmuseum@gmail.com gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'