STILBAAI NUUS - Die bewaringsmaatreëls van die Muilhuis-ruïne is Dinsdag, 22 Junie deur dr Deon Begemann, voorsitter van Stilbaai Bewaringstrust bekendgestel.
Die muilhuis is net binne die hek van die Pauline Bohnen-reservaat in Stilbaai.
Dit is 80 jaar gelede vir die muile gebou wat die nagemmer-waentjie getrek het.
Na hulle dagtaak het die muile hier kom rus, voer gekry en water uit die trôe binne die geboutjie gedrink.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'