HESSEQUA NUUS - Die motorfietsbestuurder wat Sondag 17 Maart in ’n botsing op die N2 betrokke was, is ernstig beseer.
Dit is onbekend na watter hospitaal hy vervoer is.
Volgens Riversdal-polisie se woorvoerder, konst. Venia Daries het die ongeluk tussen Albertinia en Riversdal, naby Resiesbaan om 19:40 plaasgevind.
Dit blyk in hierdie stadium of ’n motor ’n vragmotor probeer verbysteek het, waarna dit met die aankomende motorfiets gebots het.
’n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'