STILBAAI NUUS - ’n Rusie wat skeefgeloop het kan ’n 45-jarige inwoner van Melkhoutfontein duur te staan kom.
Volgens ao. Morné D’Emiljo van Stilbaai-polisie het ’n twis gedurende die naweek van 26 Oktober tussen Annemarie Francis en haar man ontstaan.
“Die argument het hand uitgeruk en sy het hom noodlottig met ’n skerp voorwerp gewond,” aldus D’Emiljo.
Die verdagte het op Vrydag 1 November op ’n klag van moord in Stilbaai se hof verskyn. Die saak is tot 6 Desember vir verdere ondersoek uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'