ALBERTINIA NUUS - Die dorp se skoonhede het Vrydagaand 26 Januarie geleentheid gekry om die beoordelaars en gaste in die plaaslike gemeenskapsaal te beïndruk tydens die Mnr. en Mej. Albertinia-kompetisie.
Oud-rdl. Charles Prins was ook onder die deelnemers. Volgens die seremoniemeester, Rodian Paulsen, was dit deel van die Fun Festival en bedank hy almal wat 'n bydrae gemaak het.
Protea-kleuterskool het vir die snoepie tydens die geleentheid gesorg.
Die wenners is agter, van links: Monique Vester, Beaulin Ruiters, Malcolm Joseph en Megan Vester.Voor: Davidene Daniëls, Danika Swarts en Beveline James.
ARTIKEL & FOTO: HEINRICH FORTUIN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'