Gallery Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Senior burgers in die streek is Donderdag 6 Desember verras met 'n besoek deur Moeder Sanna Krismis, wat namens Suid-Kaap Forum geskenkies aan elkeen oorhandig het.
Dié geleentheid is deel van die koerant se Goue Oues-gemeenskaps-projek, wat reeds die afgelope vier jaar aan bejaardes en gestremdes in tehuise verjaarsdaggeskenke, maar ook ander spesiale dae soos Paasfees geskenke uitdeel.
Die tehuise wat besoek is, was Huis Zenobia du Toit op Heidelberg, Ou Meule en Jan Lange op Riversdal, Albertinia Versorgingsdienste, Stillerus en Soeterus op Melkhoutfontein, Huis Alrema en Huis Lekkerbly op Stilbaai.
Natuurlik sal dit nie moontlik wees sonder die ondersteuning van besighede en die gemeenskap nie. Baie dankie aan elkeen van julle, asook ons hoofborg op Stilbaai, The Blinds Factory.
Belangstellende borge is welkom om ons te skakel by 028 713 2468 of stuur 'n e-pos aan wilma@groupeditors.co.za.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'