RIVERSDAL NUUS - Die opgegradeerde rioolwerke op Riversdal is Donderdagoggend, 14 Oktober amptelik deur die minister van plaaslike regering in die Wes-Kaap, Anton Bredell geopen.
Die opgradering het behels die bou van nuwe, moderne inlaatwerke, 'n vet- en olieverwyderingstelsel, die aanbring van 'n inkomende rioollyn na die nuwe inlaatwerke en meganiese en elektriese toerusting.
Weens beperkte MIG (Municipal Infrastructure Grant)-befondsing, was die Raad genoodsaak om die projek in fases te implementeer.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'