MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die Wes-Kaapse minister van infrastruktuur, Tertuis Simmers, het Dinsdag 27 September die steenlegging waargeneem van die nuwe behuisingsprojek in Melkhoutfontein.
Die minister sê dat hy uitsien om die eerste 200 voltooide huise te sien teen Maart 2023 en het gesê dat mense huise sal ontvang soos die projek vorder en nie eers ná voltooing van die hele projek nie.
Die verwagting is dat na elke 30 tot 50 huise voltooi is, dit oorhandig sal word aan die nuwe eienaars.
Foto: Johan Victor
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'