Gallery Video
ALBERTINIA NUUS EN VIDEO - Die Wes-Kaapse minister van landbou, dr Ivan Meyer het Dinsdag, 8 September onder meer Oker Primêre skool op Albertinia besoek as deel van ‘n projek om groentetuine dwarsdeur die Wes-Kaap provinsie uit te rol.
Saadjies is aan die skool geskenk om kinders besig te hou en hulle die waarde van landbou te leer.
Fotogalery: Minister Ivan Meyer besoek Albertinia
Volgens Meyer was dit meer ‘n simboliese oorhandiging om ‘n een-tuin revolusie regdeur die Wes-Kaap te fasiliteer.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'