RIVERSDAL NUUS - 'n 63-jarige vrou is Donderdag, 12 Mei in hegtenis geneem vir besit van dwelms.
Lede van Riversdal-polisie se misdaadvoorkomingseenheid, sektorbestuurders, lede van C-skof en Kwanonqaba Mosselbaai se misdaadvoorkoming, asook Hessequa-wetstoepassers het om ongeveer 10:50 'n anti-dwelm operasie in Vetterivierrylaan uitgevoer.
Hulle het beslag gelê op 48 heel Mandrax-tablette, een halwe Mandrax-tablet en twee sakke tik.
Die verdagte het die eerste keer op Vrydag 13 Mei in die plaaslike landdroshof verskyn. Die saak is tot 15 Junie uitgestel.
Hierdie lede was almal betrokke by 'n anti-dwelm operasie in Riversdal.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'