Gallery
RIVERSDAL NUUS - ’n Middeljarige man en vrou moes gedurende die vroeë oggendure, Dinsdag 20 November uit hul huis vlug.
Die paartjie woon in Beverly Hillsstraat en het wakker geskrik toe rook en vlamme hul huis binnegedring het.
“Ons het omtrent so 02:15 wakker geword. My man het dadelik opgespring, uitgegaan en die houthuis wat agter ons huis gebou is se deur oopgeskop.
Dit was reeds heeltemal aan die brand.
Hy het die tuinslang gegryp en die vlamme begin blus,” het die vrou vertel.
Dit is nog onbekend wat die brand veroorsaak het.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
"Ons bring u die nuutste Riversdag, Hessequa nuus."