HEIDELBERG NUUS - Hoërskool Heidelberg het onlangs 'n welkome skenking van 'n bekende meubelwinkelgroep in ontvangs geneem.
Dié skenking aan die skool is moontlik gemaak deur 'n lid van die beheerliggaam, konst. Keeno Fredericks, 'n plaaslike polisielid en voormalige verkoopsman by die meubelhandelaars.
Die winkelgroep se Riversdal-tak het vroeër vanjaar 'n koningingrootte bed as donasie geskenk om uit te loot om sodoende fondse te in.
Met die verkoop van die kaartjies is 'n stewige bedrag van R43 000 ingesamel wat die skool in staat gestel het om nuwe rugby- en netbaluitrusting vir die o.18-seunsrugbyspan asook die skool se puik o.13-netbalspan aan te skaf.
Die twee wenners van die selfone saam met die skoolhoof en personeellede van die donateurs, Full House-meubelwinkel.
Die uitrusting is aan die skool deur Lance van Eeden, streekbestuurder van Full House-meubelwinkel, tydens die skool se "Big Brag"-verrigtinge in die skoolsaal oorhandig.
Die Big Brag was vir die volgende dag se interskole byeenkoms teen Riviersonderend.
Benewens die bed was daar ook tydens die interskole twee selfone uitgeloot.
Die gelukkige wenner van die bed was Marthanique Pick en die wenners van die selfone was Clewin February en Happy Sigaji.
Van Eeden het tydens sy kort toespraak die skool alle voorspoed toegewens en aan hulle die onderneming gegee dat die vennootskap nie kortstondig van aard sal wees nie.
Jacques Nel, skoolhoof, het op sy beurt vir Van Eeden en sy span hartlik bedank vir hul skenking en ook die hoop uitgespreek dat die vennootskap verder sal groei.
Die groep netbal- en rugbyspelers van Hoërskool Heidelberg pronk hier baie trots in hul nuwe truie en rompe.
Die groep rugbyspelers spog hier met hul nuwe truie.
Die twee wenners van die selfone saam met die skoolhoof en personeellede van die donateurs, Full House-meubelwinkel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’