RIVERSDAL NUUS - ‘n Menslike geraamte is Donderdagmiddag omstreeks 16:00 langs die Goukourivier op Soetmelksrivier, ongeveer 10 kilometer buite Riversdal gevind.
Een van vier mans wat uitheemse indringerbome langs die rivier gesaag het, het op ‘n skedel afgekom, en toe op beendere, nog in ‘n hemp en baadjie.
Die plaaslike polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek gelas en alle leidrade word opgevolg om die persoon te identifiseer.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Joel Pieterse se hy het gevoel gekry hy moet omkyk, en toe sien hy die wit skedel tussen die gras in 'n sloepie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'