MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die VGK in Melkhoutfontein het Saterdag 13 Mei 'n Moedersdag-teemaaltyd (high tea) vir moeders van Melkhoutfontein gehou.
Die kerkraadsvroue het dit gereël om moeders in hierdie onsekere tye op 'n tasbare wyse op te beur en hulle te vereer.
Hulle het ook besluit om hierdie spoggeleentheid Saterdag aan te bied sodat die moeders Sondag by hulle geliefdes kan wees.
Daar is hard gewoel en tweehonderd kaartjies is verkoop. Nie al die moeders kon dit bywoon nie, maar vir hulle is wegneempakkies voorberei.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’