MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die Wes-Kaap departement van menslike nedersettings het befondsing vir ’n tweede behuisingsprojek op Melkhoutfontein goedgekeur.
Die planne is op 2 Mei deur burgemeester Grant Riddles aan die inwoners bekendgemaak.
Volgens Chris Onrust, direkteur: gemeenskapsdienste en behuising, is vir altesaam 585 erwe voorsiening gemaak.
In die eerste fase sal ten minste 250 behuisingsgeleenthede geskep word.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'