HESSEQUA NUUS - Wêreldtuberkulosedag word op 24 Maart gedenk om mense bewus te maak van die gevolge van dié voorkombare én geneesbare siekte.
Die meeste gevalle ter wêreld kom in Suid-Afrika voor en die meeste sterftes is te wyte daaraan.
In die Tuinroete-distrik het 229 mense in 2017 daaraan gesterf, wat 4,9% is van die wat met die behandeling begin het. In 2018 het 4 795 pasiënte met behandeling begin.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'