STILBAAI NUUS - Plaaslike hengelaars het behoorlik die pryse en toekennings tydens die Eden-strandhengel se jaarlikse prysuitdelingsfunksie wat in die Wildernis-hotel aangebied is, inkatrol.
Die beker vir die klub wat die meeste ligas gewen het is ook deur Stilbaai gewen.
Nóg lede het toekennings ontvang met Ruan Westraad wat die beker ingeoes het vir die grootste kabeljou (6,67 kg) wat hy uitgetrek het.
Verskeie Stilbaai-hengelaars is ook in die Eden-span opgeneem.
Vyf Stilbaai-hengelaars in die Top 12 oor twee jaar. Agter, van links: Renier Nortjé, Danie Lodewyk, Stilbaaiers André Olivier, Raldu Potgieter, Xander de Beer en Dirkie Saayman. Pieter Muller, Brian Rapson, Riaan Heunis en Hendrico Lesch (heel regs) met Marius Baard (heel agter). Die tophengelaar is Stilbaai se AJ de Beer, heel voor met sy trofee.
Lees meer in die Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'