Update
HEIDELBERG NUUSFLITS - Na afloop van ‘n gedugte kompetisie het Denice Marais, plaaslike sangeres 15de uit 54 lande tydens die wêreld karaoke kompetisie in Finland geëindig.
Marais is op 10 Desember 2016 as die Suid-Afrikaanse karaoke kampioen gekroon.
Sy het kort daarna, in samewerking met rdl. Theresia van Rensburg van Eden-distriksmunisipaliteit (EDM) en ander rolspelers begin werk aan ‘n plan om geld in te samel, wat haar reis- en verblyfkoste in Finland moontlik sou maak.
Van Rensburg het gesê dat Marais 'n voorbeeld vir ander jong persone is.
"Sy is die kans gegun om vooruit te gaan en het nie toegelaat dat struikelblokke haar weerhou om haar drome te vervul nie."
EDM uitvoerende burgemeester, Memory Booysen het gesê: “Ons as Suid-Afrikaners is trots op jou en vir die sukses wat jy behaal het.”
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Lees vorige artikels hier:
ARTIKEL: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'