Gallery
RIVERSDAL NUUSFLITS - Mandeladag is landwyds gevier op die 18de Julie.
Lede van die plaaslike ANC-tak het Mandela Dag gebruik om Aloeridge saam met kinders skoon te maak.
Hulle is met sop en broodjies bederf wat deur borge geskenk is.
Op Kwanokuthula het die uitvoerende burgemeester, rdl Grant Riddles; onder-burgemeester, rdl Johannes Hartnick; raadslede en van hul kantoorpersoneel ingespring en vullis by die gemeenskapsaal opgeruim.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'