Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Willie Richards ry fiets en hardloop om geld in te samel om rondloperdiere in arm woonbuurte te steriliseer.
Diere wat onbeheerd aanteel en tot mishandeling en siektes lei, is ’n groot probleem in menige woonbuurt in die dorp.
Die enigste manier om dit te bekamp is om 70% van die diere te steriliseer, maar dit is duur. Daarom ry hy tans van Stellenbosch na Plettenbergbaai sodat diere in Dunoon, Kaapstad gratis gesteriliseer kan word.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'