Update
TUINROETE NUUS - Die man, wat gister in ‘n botsing op die N2 naby die Vleesbaai-afrit dood is, was ‘n inwoner van Kaapstad.
‘n Vragmotor, ‘n bakkie en ‘n voertuig was in die botsing betrokke, wat om ongeveer 13:45 plaasgevind het.
Polisiewoordvoerder, ao Kappie Kapp, sê die oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie en die KwaNonqaba-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.
Die botsing het ongeveer 20km van Mosselbaai in die rigting van Albertinia plaasgevind.
Kapp sê die polisie kon nog nie daarin slaag om met die oorledene se familielede in kontak te kom nie en kan dus nog nie sy identiteit bekend maak nie.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’