SLANGRIVIER NUUS - 'n 25-Jarige man van Slangrivier is in hegtenis geneem op 'n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Hy het na bewering 'n 40-jarige vrou in haar huis in Asla Park aangerand.
Die voorval het gedurende die nag van 14/15 Januarie plaasgevind terwyl die vrou en haar seun alleen in die huis geslaap het.
Klagtes van huisbraak met die opset onbekend aan die staat, asook aanranding met die opset om ernstig te beseer, is oopgemaak.
Die beskuldigde verskyn vandag (19 Januarie) in die plaaslike landdroshof.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'