ALBERTINIA NUUS - Die bestuurder van 'n wit Audi is Saterdag 9 Desember ongeveer 19:40 dood nadat hy blykbaar beheer oor die voertuig verloor en dit gerol het.
Die voorval het ongeveer 10 km vanaf die N2 op die Hectorskraal-pad onderweg na Stilbaai gebeur.
Ryno Manho (32) is op die toneel oorlede.
Die ander insittendes, waaronder Manho se vrou en hul kind is ernstig beseer en tans in Riversdal-hospitaal.
Sy vrou moes Saterdag 'n operasie ondergaan en volgens inligting het dit goed afgeloop.
Albei arms van 'n familielid wat ook in die motor was, is gebreek en sy is in George-hospitaal.
Volgens die stasiebevelvoerder van Albertinia-polisiestasie, kaptein Susan Botha is 'n saak van strafbare manslag geopen.
'n Roudiens vind Donderdag 14 Desem-ber by die huis in Bokmakieriestraat 13 plaas.
Die begrafnis is Saterdag 16 Desember om 09:00 eers by die huis en om 10:00 waarskynlik vanuit die NG Kerk.
Die kerk moet egter nog bevestig word.
Die wrak word deur 'n insleepdiens weggeneem.
Lees 'n vorige artikel: Man sterf op Hectorskraalpad
ARTIKEL & FOTO: HEINRICH FORTUIN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'