SLANGRIVIER NUUS - 'n 35-Jarige man van Slangrivier is gisteraand (14 Augustus) dood na hy met 'n mes in die nek gesteek is.
Die oorledene, Heinrich Blaauw en sy 24-jarige vriend was glo in 'n argument betrokke in Hoofweg, naby die brug. Die vriend het Blaauw glo uit selfverdediging die fatale kaphou in die nek toegedien.
Volgens die polisie het Blaauw op die toneel op die rivierwal gesterf.
Die beseerde jongman is per ambulans na Riversdal-hospitaal vervoer.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'