STILBAAI NUUS - 'n 46-jarige Man is vanoggend 29 November ongeveer 07:25 oorlede toe die vragmotor wat hy bestuur het op die R305 na Stilbaai die pad verlaat en omgeslaan het.
Die bestuurder was met 'n Mercedes-vragmotor van Groenewald Konstruksie op pad aan die onderpunt van Langhoogte, net voor Botterkloof, toe hy vermoedelik beheer verloor het en die pad verlaat het.
Die vragmotor het blykbaar 'n paar keer gerol voordat dit in die veld tot stilstand gekom het.
Die bestuurder is uitgeslinger en is op die toneel dood verklaar. Sy naam is nog nie bekend gemaak nie omdat sy naasbestandes nog nie van sy dood ingelig is nie.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'